29 Julie 2021
Die registrasie naweek vir die plaaslike verkiesing, wat op 27 Oktober vanjaar sou plaasvind, is ook nou uitgestel.
Kiesers sou Saterdag, 31 Julie en Sondag, 1 Augustus kon aanmeld om te registreer, maar volgens ‘n plasing op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se Twitter-rekening is die registrasie naweek uitgestel weens die risiko daaraan verbonde.
Volgens die OVK is die kommissie tans besig met ‘n hofaansoek om die verkiesing amptelik uit te stel.
Dit nadat die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke in ‘n verslag bevind het dat die beplande verkiesings weens die Covid-19-pandemie nié vry en regverdig sal kan voortgaan nie. Die OVK het die bevindinge in die verslag aanvaar en wag nou vir ‘n hof om dit amptelik uit te stel.
‘n Nuwe datum vir die registrasie naweek moet nog vasgestel word.
The Electoral Commission has carefully considered and resolved to adopt the final report of the ‘Inquiry into Ensuring Free and Fair Elections during COVID-19’ by former Deputy Chief Justice Dikgang Moseneke. For more into the IEC's statement: https://t.co/MhEa0GdPzB pic.twitter.com/1MKTymZ7RE
— IEC South Africa (@IECSouthAfrica) July 23, 2021
Hou Afrikaans op die lug