Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Regering tap verder bloed uit belastingklip

Nuuskommentaar: 3 Augustus 2022

Deur: Reiner Duvenage

Dit het onlangs bekend geword dat Denel deur ‘n hofuitspraak verplig word om R300 miljoen aan agterstallige salarisse aan werknemers uit te betaal. Hierdie hofuitspraak is die gevolg van ‘n lang regstryd tussen die mislukte staatsinstelling en Solidariteit se vakbondlede wat by Denel werksaam is. Die uitspraak beklemtoon egter opnuut die groter probleem van staatsmislukking wat enorme druk op die belastingbetaler plaas om sterwende staatsinstellings aan die lewe te hou. Inkomstebelasting is die regering se hoofbron van inkomste en belastingbetalers word toenemend meer moedeloos en gebelgd oor die gebrek aan waarde wat hulle vir hul belastinggeld ontvang.

By die oorweging van die druk wat op die Suid-Afrikaanse belastingbetaler geplaas word, moet ‘n mens kyk na die konsep van belasting soos dit al vir eeue verstaan word. Die bekende ekonoom en filosoof Adam Smith verskaf in sy werk, The Wealth of Nations, die algemene beginsels vir die betaling van belasting. Hiervolgens voer Smith aan dat belasting proporsioneel moet wees tot wat mense verdien, duidelik en nie arbitrêr moet wees nie, gerieflik tot die grootste mate moontlik vir betalers en so min as moontlik uit die belastingbetaler se sak moet neem in verhouding tot wat dit aan die staatstesourie verskaf.

Hierdie omskrywing van belastingbeginsels stel ‘n hele aantal vrae wanneer dit in verband met Suid-Afrika gebring word. Dit is kennelik wel die geval dat mense proporsioneel volgens inkomstegroepe belasting betaal in Suid-Afrika, maar na beraming betaal net meer as 5% van mense 91,8% van alle inkomstebelasting. Dit beteken dat die belastingbasis veels te dun is vir die hoeveelheid mense wat van die staat afhanklik is. Daarom word ‘n onregverdige las op hierdie klein groep mense geplaas om as hoofbron van inkomste vir die staat te dien, terwyl hulle in byna alle gevalle ook “dubbel belasting” vir geprivatiseerde noodsaaklike dienste soos sekuriteit, opvoeding en gesondheidsorg betaal. In Suid-Afrika kan ‘n mens dus sê dat belasting proporsioneel maar nie regverdig betaal word nie, aangesien ‘n handjievol mense vir diegene betaal wat as gevolg van dekades se regeringsmislukking nie op hul eie voete kan staan en ‘n bydrae tot die ekonomie kan lewer nie.

Smith verskaf verdere maniere wat belasting baie meer geld uit mense se sakke uithaal as wat dit vir die tesourie inbring. Een van hierdie maniere is wanneer die invordering van belasting die indiensneming van so ‘n groot aantal staatsdiensamptenare vereis, dat hierdie amptenare se salarisse en byvoordele ‘n groot deel van belastinginkomste opvreet. Dit is van toepassing op Suid-Afrika omdat kenners reken dat dié op die rand van ‘n fiskale afgrond staan. Wat hiermee bedoel word is dat staatsdiensalarisse, rente op staatskuld en maatskaplike toelaes op die punt is om die staat se totale inkomste te oorskry. Uiteraard is dit hoegenaamd nie volhoubaar en regverdigbaar dat hierdie drie uitgawes alleen soveel druk op die belastingbetaler plaas nie.

In die laaste plek, voer Smith aan dat belastingbetalers in die steek gelaat word, wanneer belasting op so ‘n wyse gestruktureer word dat mense ontmoedig of verhoed word om aan besigheidsaktiwiteite deel te neem wat werk en welvaart sal skep. Dit is ongelukkig ook hier waar die regering se beleid van sentralistiese beheer oor die ekonomie, wat deur die belastingbetaler befonds word, ‘n skadelike uitwerking het.

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering nie sy rol speel om ‘n ruimte te skep vir die privaat sektor om werk en welvaart te skep nie. In plaas daarvan probeer dit die rol van beide die privaat en publieke sektor oor te neem deur maatskaplike toelaes aan byna 50% van die bevolking te betaal. Hierdie beleid smoor die ekonomie en veroorsaak dat buitelandse beleggers en die belastingbetaler moedeloos die land verlaat. Een ding is wel seker. Die belastingbetaler kan eenvoudig nie verder opdok vir die regering se beheptheid met sentralistiese beheer nie en kan nie verder verantwoordelik gehou word vir die mislukkings wat daaruit voortspruit nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende