30 Januarie 2023
Suid-Afrika het tot sy laagste vlak ooit op die jaarlikse Korrupsiepersepsie-indeks gedaal.
Transparency International – wat vanoggend sy jaarlikse indeks bekend gemaak het – meet persepsies van korrupsie in die openbare sektor in 180 lande.
Die afname tot by die jongste telling is erger as die vorige laagtepunt van 42 in 2013 en twee punte onder sy eerste telling van 43 in 2012.
Suid-Afrika is een van die 23 lande wat vanjaar tot hul laagste vlakke gedaal het, wat die land in die kategorie van gebrekkige demokrasieë plaas.
Lande met sterk oppergesag van die reg en goed funksionerende demokratiese instellings is dikwels bo-aan die indeks.
Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, Karam Singh, sê die regering se pogings om die land van korrupsie te bevry, werk duidelik nie.