Regering se kragplan kry gemengde reaksie


Luister nou

Volgende

Regering se kragplan kry gemengde reaksie

26 Julie 2022

Die regering se plan om die kragkrisis op te los, is wyd verwelkom, hoewel opposisiepartye en nie-regerings organisasies sê die implementering daarvan moet met valkoë dopgehou word.

President Cyril Ramaphosa het gisteraand die land toegespreek te midde van die kragprobleme.

Volgens die plan sal Eskom op die korttermyn ekstra krag aankoop by buurlande, lisensies vir privaatkragopwekking sal heeltemal verwyder word, en die hoeveelheid krag wat via die staat se sesde bodronde vir hernubare krag aangekoop sou word, sal van 2 600 MW tot 5 200 MW verdubbel word.

Intussen het die vakbond Solidariteit Ramaphosa se plan verwelkom, en sê ʼn meer gedesentraliseerde stelsel vir kragopwekking is die enigste werkbare en volhoubare oplossing tot Suid-Afrika se kragkrisis.

LEES OOK: RAMAPHOSA KONDIG DRINGENDE INGRYPINGS AAN TE MIDDE VAN KRAGKRISIS

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê die privaat sektor en gemeenskappe kan nou skeppende en veerkragtige oplossings vir die krisis bied.

Die VF Plus sê intussen die plan wat die president aangekondig het, is te min, te laat. Die party bevraagteken of die regering oor die vermoë beskik om die plan uit te voer en te implemente.

Die VF Plus leier dr Pieter Groenewald het wel die besluit verwelkom om nie nog ‘n ramptoestand af te kondig nie. Die DA het die plan verwelkom, maar eis dat die implementering daarvan deursigtig moet wees.

Die party versoek ook dat die parlement ‘n komitee aanstel om oorsig te bied oor die nasionale energie krisis komitee, wat Ramaphosa aangekondig het.

https://twitter.com/PresidencyZA/status/1551653747364872192

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Regering se kragplan kry gemengde reaksie


Luister nou

Volgende