17 Julie 2023
“Ons het ‘n moeilike drie dae agter die rug ten opsigte van Eskom, en moes noodgedwonge fase 6-beurtkrag instel.”
Dit volgens die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa wat vanoggend terugvoer gegee het oor die kragplan en hoe die implementering daarvan vorder.
Volgens hom is dit belangrik om in gedagte te hou dat beurtkrag die laaste moontlike opsie is, en dat fase 6-beurtkrag nié die norm moet word nie. Hy meen egter dat hoër fases van beurtkrag soms ingestel moet word om die kragnetwerk te beskerm.
LEES OOK: “BEURTKRAG KOM TEEN DESEMBER TOT ‘N EINDE,” SÊ MBALULA
“Alhoewel dit die kragnetwerk beskerm, praat ek dit nie goed nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om te keer dat hoër fases as fase 4 nie ingestel hoef te word nie.” Hy sê hy besef dat beurtkrag ‘n negatiewe uitwerking op mense se lewens het. Volgens die minister is dit nou die regering se eerste prioriteit om beurtkrag in die kortste moontlike tyd te beëindig.
Die minister van polisie, Bheki Cele moes die konferensie bywoon om veiligheid by Eskom en sy kragstasies te bespreek, maar weens onvoorsiene omstandighede kon hy dit nie bywoon nie.
LEES OOK: KLEUTER STERF WEENS ASEMHALINGSMASJIEN SE BATTERYE WAT TYDENS BEURTKRAG LEEG LOOP
Ramokgopa het namens hom gesê dat daar tussen 1 April 2022 en 16 Julie 2023 nagenoeg 2 147 Eskom verwante klagtes by die polisie ingedien is. 1 568 van dié aanklagte word ondersoek, en 126 mense is in hegtenis geneem. Hy sê dis nie net tegniese probleme wat onder die loep geneem moet word nie, maar ook veiligheidskwessies.
[WATCH]: Interms of Generation outlook, boiler tube leaks remain the major cause of unplanned outages. pic.twitter.com/2ACQri6vYR
— Dr Kgosientsho Ramokgopa (@Kgosientsho_R) July 17, 2023
