13 Maart 2024
Adjunk-president, Paul Mashatile meen daar is ‘n moontlikheid dat die regering dalk die beurtkragkrisis voor die einde van die jaar kan oplos.
Dit is nie die eerste keer dat senior politici ‘n vinnige einde aan die voortslepende kragkrisis belowe nie, terwyl die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, voorheen belowe het dat beurtkrag teen Desember verlede jaar verby sou wees.
Eskom het gister aangekondig dat hy beurtkrag tot fase 3 sal verhoog ná die verlies van drie opwekkingseenhede.
Intussen het president Cyril Ramaphosa gesê die regering maak vordering in pogings om die ligte aan te hou.