18 Januarie 2022
Die departement van vervoer gaan appelleer teen die vroeëre hofbeslissing dat die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings – AARTO – ongeldig en ongrondwetlik is.
Aarto is ‘n strafpuntstelsel vir motoriste wat nié die padreëls nakom nie. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat AARTO ‘n baie belangrike stap is om te verseker dat motoriste die padreëls gehoorsaam.
LEES OOK: AARTO IS ONGRONDWETLIK EN ONGELDIG, BEVIND HOOGGEREGSHOF
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA het vroeër die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria genader oor dié stelsel en meen die regte prosedures is nooit gevolg nie.
Aarto is vir die afgelope 10 jaar as ‘n proeflopie in Johannesburg en Pretoria in werking en sou op 1 Julie landswyd in werking tree