1 Junie 2023
“Kort op die hakke van nuwe raskwotas het die ANC-regering nou ook raskwotas gepubliseer wat watergebruik op grond van velkleur sal bepaal.”
Die DA sê ‘n verklaring dat hierdie konsepregulasies op 19 Mei 2023 deur die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu in die Staatskoerant gepubliseer is.”
Die leier van die DA, John Steenhuisen sê hierdie konsepregulasies beteken dat raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies ingestel sal word, wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van ondernemings in sektore soos landbou, bosbou en mynbou.
Volgens die ANC se nuwe waterkwotas moet aansoekers wat meer as 250 000 m3 gebruik of meer as ‘n vasgestelde minimum hoeveelheid water uit strome onttrek, streng raskwotas nakom om toegang tot water te kry.
Steenhuisen sê na gelang van die grootte van hul waterbehoefte, sal boere of maatskappye wat nie tussen 25% en 75% van sy aandele “toegewys” het aan wat die regulasies “swartes” noem nie, toegang tot water geweier word.
Hy meen die ANC gee glad nie om oor wat hierdie kwotas vir Suid-Afrikaners sal beteken nie.
Sien die regulasies hier (Bl. 91 tot 92 van die Nasionale Staatskoerant).
🚨 | Newly drafted ANC regulations introduce race quotas for the allocation of water-use licences, which are vital to the survival of businesses in sectors such as agriculture and mining!
— Democratic Alliance (@Our_DA) June 1, 2023
The DA is already going to court against racial quotas.
Read more: https://t.co/KJ0TrObepl pic.twitter.com/u4ibf2vEGe
FOTO: Farmsquare
