Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Rasgroepe nie geteiken nie, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa vra dat Suid-Afrikaners – soos hý dit stel – die narratief uitdaag dat hul land ‘n plek is waar mense van ‘n sekere ras of kultuur vir vervolging geteiken word.

Hy het in sy weeklikse nuusbrief gevra dat Suid-Afrikaners die politiek van verdeeldheid – wat in baie dele van die wêreld opduik – moet verwerp.

Volgens Ramaphosa geniet alle burgers gelyke regte en vryhede wat die staat verplig is om te handhaaf, te beskerm en te bevorder. Hy het teen die agtergrond van Menseregtedag, wat op 21 Maart herdenk is, gesê dat mense moet aandring op hulle menseregte.

Hy meen dit is elke Suid-Afrikaner se plig om die narratief te verander dat “sekere rasgroepe in dié land vervolg word.” Die president sê geen Suid-Afrikaner moet toelaat dat die wêreld se indrukke van Suid-Afrika verdeeldheid tussen Suid-Afrikaners veroorsaak nie.

Hy het ook genoem dat die reg op vryheid van uitdrukking gewaarborg word – solank dit nie aanhitsing tot geweld of voorspraak vir rasse- en ander haat insluit nie.

4 Responses

    1. Hy weet nie wat op voetsool vlak in die land gebeur nie. Die platteland het nie meer dokters nie want die blanke dokters kry nie praktiseer reg nie. In die hospitale kry blanke verpleegsters nie poste nie soos o9k die hele staatsdiens sowel as die private sektor. Maw dit is omgekeerde apartheid.r

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende