4 Junie 2021
Die watervoorsieningsmaatskappy, Rand Water gaan strafregtelike klagtes aanhangig maak teen lede van die publiek vir die beweerde gebruik van beledigende taalgebruik teenoor werknemers van dié maatskappy.
Die woordvoerder van die maatskappy, Justice Mohale sê dit kom nadat Rand Water se kliëntedienssentrum e-posse ontvang het waarin gebruikers glo neerhalende termes gebruik om hulle frustrasies duidelik te maak.
Hy sê die mees onlangse e-pos is op 30 Mei vanjaar aan Rand Water gestuur.
Mohale sê die stuurder van dié e-posse het geïnisieer dat water-tekorte in sy woonbuurt die gevolg is van “onbevoegdheid” van Rand Water se werknemers. Volgens hom beskou Rand Water dié taalgebruik as onaanvaarbaar, ongewens en kwaadwillig.
Mohale sê die maatskappy erken dat hy soms uitdagings aanvaar met die lewering van water, maar meen wanneer dié uitdagings plaasvind kommunikeer hy met sy kliënte.