Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Ramptoestand oor kragkrisis afgekondig; Solidariteit begin met regstappe

9 Februarie 2023

President Cyril Ramaphosa het ‘n noodtoestand afgekondig sodat die regering kan reageer op die kragkrisis wat die land tans lamlê.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma het reeds die afkondiging van die noodtoestand in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens Ramaphosa sal die herstrukturering van Eskom voortgaan. Hy meen ‘n ramptoestand sal die regering in staat stel om praktiese stappe te doen om die krisis te probeer oplos. In ‘n poging om verder ‘n einde aan die krisis te bring, sal ‘n minister van elektrisiteit in die presidensie aangestel word om die kragkrisis te bestuur.

Intussen het die vakbond Solidariteit aangekondig dat sy regspan reeds vanaand sal begin met voorbereiding vir ‘n regsproses teen die ramptoestand.

Solidariteit se bedryfshoof, dr. Dirk Hermann sê rampwetgewing is nie bedoel vir swak bestuur nie. “Alles wat gedoen moet word kan gedoen word sonder ‘n ramptoestand. Alles wat vanaand afgekondig is kan sonder ‘n ramptoestand gedoen word,” sê Hermann.

Hy meen die vakbond ondersteun ingrypende stappe om die kragkrisis op te los, maar meer staat is nie die antwoord nie. Volgens Hermann is meer privaat-ingryping en minder staat nodig.

Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha het in reaksie op die aankondiging gesê dat die kragvoorsiener die afkondiging in die Staatskoerant sal bestudeer, voordat hulle verder kommentaar sal lewer.

https://twitter.com/ParliamentofRSA/status/1623726123225067520

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende