16 November 2023
President Cyril Ramaphosa wil hê die Internasionale Strafhof moet Israel vir die binneval van Gasa ondersoek.
Hy sê Suid-Afrika het die Midde-Oosterse land na die hof vir oorlogsmisdade verwys. Die president het dit gister tydens ‘n mediakonferensie in Katar gesê waar hy tans ‘n staatsbesoek aflê.
Duisende mense, insluitend kinders, is in die konflik dood. Ramaphosa sê hy het by verskeie ander lande se regerings gehoor dat hulle ook vir ‘n skietstilstand vra.
Volgens Ramaphosa gaan Suid-Afrika ook na maniere kyk om Palestyne wat in die kruisvuur vasgevang is, by te staan.
Dít terwyl Israel ‘n resolusie van die Verenigde Nasies – vir ‘n humanitêre pouse in die gevegte en konflik – verwerp.
https://twitter.com/CyrilRamaphosa/status/1724786221661225106