21 Januarie 2025
President Cyril Ramaphosa het die nuwe president van Amerika, Donald Trump, geluk gewens nadat hy gister vir die tweede keer as president ingehuldig is.
Ramaphosa sê hy sien daarna uit om die vennootskap tussen die twee lande voort te sit.
Suid-Afrika gaan na die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum as die President van die G-20 groepering en sal die land as ‘n aantreklike beleggings-bestemming uitbeeld.
Leiers van die regering, burgerlike samelewing en besighede, kom vandeesweek in Davos, in Switzerland byeen vir die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum.
Intussen het die Russiese president, Wladimir Poetin ook Trump geluk gewens. Hy meen hy waardeer Trump se pogings om ‘n “Derde Wêreldoorlog” te vermy. Volgens hom sal hy gesprekke met Trump voortsit om ‘n einde te bring aan die konflik in Oekraïne.
Congratulations to President @realDonaldTrump on the occasion of your inauguration as the 47th President of the United States of America.
— Cyril Ramaphosa 🇿🇦 (@CyrilRamaphosa) January 20, 2025
I look forward to continuing the close and mutually beneficial partnership between our two nations across all areas of our cooperation.
JD Vance Sworn In As Vice President By Justice Kavanaugh
— Alex Jones (@RealAlexJones) January 20, 2025
Live Inaguration Coverage Here:https://t.co/8B8Q4Z3IIP pic.twitter.com/5GRT0urVNC