17 Junie 2023
President Cyril Ramaphosa en ander afgevaardigdes van ‘n Afrika-vredesending vergader tans met die Russiese president, Wladimir Poetin in St. Petersburg.
In ‘n video op die presidensie se Twitter-blad, vra Ramaphosa dat die oorlogsituasie tussen Rusland en die Oekraïne deurmiddel van dialoog en vredesgesprekke opgelos moet word.
Hy meen die oorlog kan nie virewig voortduur nie, en sal soos oorloë in die geskiedenis uiteindelik tot ‘n einde moet kom. Volgens Ramaphosa is hy en ander lede van die vredesending in Rusland om ‘n beroep op Poetin te doen om die oorlog met die Oekraïne te staak.
Hy sê soos wat die leiers gister met Oekraïne se president, Wolodomir Zelenski vergader het en na sy bekommerniss geluister het, sal hulle dieselfde geleentheid aan Poetin gun.
Volgens hom is dit uiters belangrik dat die oorlog tot ‘n einde moet kom omdat Afrika-lande ook daardeur geraak word.
Video: President Cyril Ramaphosa together with African Heads of State representing the African Peace Initiative meet President Vladimir Putin of the Russian Federation in St Petersburg, Russia.https://t.co/GOSg7gscik
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) June 17, 2023
