Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa “vind sy pen” en bekragtig NGV

15 Mei 2024

President Cyril Ramaphosa het vanmiddag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering – die NGV – by die Uniegebou bekragtig.

Die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla het tydens die ondertekeningseremonie gesê dat privaat gesondheidsdienste die meeste Suid-Afrikaners nié beskore is nie omdat hulle dit nie kan bekostig nie.

Hy sê die NGV stem ooreen met die regering se doelwitte om alle Suid-Afrikaners gelyke regte te gun.

Volgens Phaahla oorweeg die regering die NGV reeds sedert 1994. Hy het benadruk dat die ondertekening nié ‘n verkiesingsfoefie is nie en dat daar genoeg konsultasie en openbare verhore plaasgevind het.

Hy sê hierdie ondertekening is ‘n groot oomblik vir die land, en meen dit is, sóós beurtkrag moontlik onder president Cyril Ramaphosa se leierskap.

Volgens Ramaphosa bedien die private sektor ‘n klein deel van die bevolking teen ‘n hoër koste sonder ‘n werklike verbetering in sorg. Ramaphosa sê die NGV gaan in dele geïmplementeer word en gaan nie oornag gebeur nie.

Hy het die oomblik as ‘n keerpunt in die geskiedenis beskryf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende