Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa verwelkom SANW se besluit om betrokke te raak by die DRK-situasie

13 Februarie 2025

President Cyril Ramaphosa sê hy verwelkom die debat oor die besluit van die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) om betrokke te raak by die oorlog in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).

Ramaphosa lewer vandag repliek op die debat oor sy staatsrede. Hy sê Suid Afrika sal doen wat nodig is om vrede te bewerkstellig in die DRK.

Ramaphosa het bygevoeg dat dit nodig is dat vredesgesprekke en onderhandelings tussen state, sowel as die M23 rebellegroep moet hervat.

Honderde Suid-Afrikaanse soldate is glo krygsgevangene geneem deur die rebellegroep.

Ramaphosa het ook intussen weer hulde gebring aan die 14 soldate wat in die DRK dood is. Hulle liggame sal om 18:00 vanaand aan die families oorhandig word. Hy meen besluite om die weermag te ontplooi word nie ligtelik opgeneem nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende