14 Desember 2023
Die Suid-Afrikaanse diplomate wat uit Tel Aviv, Israel onttrek is, sal in Suid-Afrika aanbly vir die duur van die voortslepende oorlog tussen Israel en Hamas.
President Cyril Ramaphosa sê al die nodige diplomatieke ondersteuning vir Suid-Afrikaanse burgers in Israel sal egter steeds aan hulle beskikbaar wees.
Ramaphosa het dit tydens ’n vergadering met die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes bekend gemaak.
Die SAJBD wou ook verseker word dat die Israeliese ambassade in Pretoria nie gesluit sal word nie, om die terugkeer vandie Israeliese ambassadeur na Suid-Afrika moontlik te maak.
Ramaphosa het onder meer ook die regering se veroordeling van anti-semitiese gedrag teenoor Joodse mense in Suid-Afrika – insluitend die boikot van Joodse ondernemings, asook Islamofobie – beklemtoon.