Ramaphosa: Verdagtes se vervolging sal geprioritiseer word


Luister nou

Volgende

Ramaphosa: Verdagtes se vervolging sal geprioritiseer word

12 Julie 2021

President Cyril Ramaphosa het die geweldpleging wat veral in KwaZulu-Natal en Gauteng voorgekom het sedert die arrestasie van oudpresident Jacob Zuma tydens `n regstreekse toespraak veroordeel. Hy het na die plunderaars as kansvatters verwys wat net wil steel. Volgens Ramaphosa is 166 mense reeds in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en 323 in Gauteng.

Hy het ook weer verwys na die weermag wat vandag ontplooi is en genoem dat weermagpersoneel wat tans met verlof is ook opgeroep is vir diens. Die weermag sal in samewerking met ander wetstoepassingsliggame, wat intelligensiedienste insluit, poog om wet en orde te herstel. Die onderskeie wetstoepassingsliggame se bevelsraad, waarvan Ramaphosa aan die stuur is, sal twee keer per dag vergader om die situasie te monitor en hy onderneem dat die nodige gedoen sal word om elke persoon in die land teen geweld, intimidasie en plundery te beskerm.

Buiten vir groot skade aan ondernemings en ander privaat eiendom is die toediening van entstowwe op verskeie plekke ontwrig.

Ramaphosa het ook verwys na sogenaamde donker dae toe sinistêre elemente geweld aangehits het. Hy sê in aanloop tot, soos hy dit stel, die demokratiese oorgang, verskillende instellings wat ondernemings, sportverenigings en vakbonde insluit bymekaar gekom om geweld in gemeenskappe stop te sit.

Ministers en senior amptenare in die regering het vroeër vandag met Business Unity South Africa vergader om die situasie te ontleed en maniere te vind om die veiligheid van kassiere, drywers en ander rolspelers te beveilig. Ramaphosa het ook gemaan teen die verspreiding van fopnuus wat vrees aanwakker en gevra dat die publiek nie reg in eie hande neem nie maar eerder hande met die amptelike wetstoepassingsliggame vat.

Die regskenner, dr Llewelyn Curlewis het na afloop van die toespraak aan Pretoria FM gesê dat die weermag ontplooi is om `n omgewing te skep waar die polisie hulle werk kan doen en dat daar geen bykomende magte aan die polisie toegeken is nie. Hy het verder daarop gewys dat die polisie se bestaande magte nie tot op hede daarin geslaag het om die plunderaars af te skrik nie.

Ramaphosa het verder gesê dat die vervolging van verdagtes wat aan die geweldpleging verbind word, geprioritiseer sal word. Curlewis sê egter dat hy dit al vantevore gehoor het toe daar verwys is na diegene wat hulle aan korrupsie skuldig maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Ramaphosa: Verdagtes se vervolging sal geprioritiseer word


Luister nou

Volgende