3 Desember 2024
President Cyril Ramaphosa het veranderinge aan sy kabinet gemaak.
Hy het ‘n kort ruk gelede op X aangekondig dat hy as president, die mag het om veranderinge aan sy kabinet te maak indien dit voordelig is vir die land en die bedrywighede van die regering.
Mmamoloko Kubayi, tans die minister menslike nedersettings is aangestel as die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling.
Die huidige minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, Thembi Nkadimeng sal voortaan die minister van menslike nedersettings wees.
Sy staan beter bekend as die omstrede Thembi Simelane. Dit kom te midde van nog bewerings van korrupsie teen haar.
Die adjunk-minister van arbeid en indiensneming, Phumzile Mgcina is aangestel as die adjunk-minister van minerale-en petroleum hulpbronne.
Sy ruil posisies met Judith Nemadzinga-Tshabalala, wat nou die adjunk-minister van arbeid en indiensneming is.
Ramaphosa sê die veranderinge is onmiddelik in werking. Hy het nie redes vir die besluit verskaf nie.