Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa sê hy hoef nié te verduidelik waarom hy Whitfield as adjunkminister verwyder het nie

Die presidensie sê president Cyril Ramaphosa is aan niemand ‘n verduideliking verskuldig oor sy besluit om die adjunkminister  van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield die trekpas te gee nie.

Volgens die presidensie word dié saak nou as afgehandel beskou aangesien die president die finale besluit het oor wie sy ministers en adjunkministers sal wees.

Die presidensie het gereageer nadat die leier van die DA, John Steenhuisen Donderdag in die parlement ‘n ulimatum aan Ramaphosa gestel het oor dié besluit.

Steenshuisen wil hê dat Ramaphosa ‘n aantal ministers en hul adjunkte – wat ANC-lede is – ook uit hul poste verwyder.

LEES OOK: DA-adjunkminister uit Ramaphosa se kabinet verwyder

Intussen het die nasionale woordvoerder van die DA, Willie Aucamp vanoggend in Klankkoerant op dié gebeure gereageer en waar dit die toekoms van die RNE laat.

Hy sê die DA was bitter teleurgesteld om van die besluit te verneem. Volgens hom beweer die president dat hy die besluit geneem het omdat Whitfield saam met ‘n DA-afvaardiging na Amerika is sonder dat hy die “nodige toestemming by Ramaphosa gekry het.”

Aucamp sê die DA-afvaardiging is in Februarie na Washington om te probeer om die handelsverhoudinge tussen die VSA en Suid-Afrika te herstel. Hy sê dit was ‘n DA-besoek en dat die regering dus nié daarvoor betaal het nie. Volgens Aucamp het Whitfield op 12 Februarie ‘n skrywe aan Ramaphosa gerig waarin hy hom toestemming gevra het om na die VSA te gaan.

“Tien dae later het die president nog nie eers erken dat hy die brief ontvang het nie. Toe Whitfield terugkeer en verneem dat die president ongelukkig is oor sy besoek het hy ‘n brief aan Ramaphosa gestuur waarin hy om verskoning gevra het.”

LEES OOK: Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

Volgens Aucamp maak dit nie sin dat Ramaphosa nou, vier maande later, van Whitfield ontslae wil raak oor dié besoek nie. Hy meen die president het die neiging om hierdie “radikale besluite” te neem kort voordat die ANC se uitvoerende komitee moet vergader omdat hy weet dat daar lede binne sy party is wat nie die konsep van die RNE ondersteun nie, en dat hy dus beter lyk voor sy party.

Aucamp sê Whitfield se verwydering omdat hy “oorsee gereis het” is lagwekkend aangesien daar baie ander “vrotappels” binne Ramaphosa se kabinet is wat klagtes in die gesig staar omdat hulle in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag verskyn.

“As die president nou klaarblyklik besig is om sy kabinet ‘skoon te maak’ moet hy dit ordentlik doen en vir ‘n slag voor sy eie deur vee. Raak ontslae van hierdie ‘vrotappels’ binne jou eie party.”

 

 

7 Responses

  1. Alles baie verdag! Wat het van openlikheid geword teenoor Burgers van SA? Of word daar van ons belastingbetalers, wie die salarisse betaal, verwag om net alles te aanvaar van mense wat eintlik in ons diens is????? Dink ons as die belastingbetalers moet die hele lot fire wat ons land so opmors

  2. Die ANC sal enige manier probeer om die meerderheid in die RNE te behou ten koste van mense wat hulle werk doen.

  3. Die DA het ongelukkig nie genoeg gewig om enige-iets hieromtrent te doen nie. Al wat hulle kan doen is om ‘n keel op te sit.

  4. Pres. Trump! Kyk wat doen hierdie arrogante “leier” van SA! Ons soek hom nie, het hom nog nooit gesoek as ons president nie. Hy is onbetroubaar, en doen te veel dinge deesdae in die geheim. Ons soek dringend ‘n “vote of no confidence!
    Hy is die een wat verwyder moet word!!!!!! Hy faal 100% in sy pos. Hy werk vir die belastingbetaler! So, fire hom!!!

  5. Dit gaan eintlik oor sy struweling met Parks Tau oor die Lotto tender (die grootste in SA) waarby familie van Paul Mashatile betrokke is. Hy wys dus staatskaping uit en word dáárvoor gestraf

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende