Ramaphosa: RNE sal met Nasionale Gesondheidsversekering voortgaan


Luister nou

Volgende

Ramaphosa: RNE sal met Nasionale Gesondheidsversekering voortgaan

18 Julie 2024

President Cyril Ramaphosa sê die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) sal voortgaan om die Nasionale Gesondheidsverseking (NGV) in werking te stel.

Ramaphosa het ‘n kort ruk gelede sy parlementêre openingstoespraak in die stadsaal in Kaapstad gelewer.

Hy sê hoewel die Nasionale Gesondheidsversekering tot groot debat lei, is daar ooreenstemming dat beide die privaat en die openbare sektor betrokke moet wees by die oplossing vir gesondheidsorg in Suid-Afrika.

Ramaphosa het bygevoeg dat die partye eers konsensus sal moet bereik, voor daar besluite geneem sal word oor kwessies soos die NGV.

Hy het verder gesê dat ekonomiese groei en werkskepping een van die belangrikste prioriteite is.

Hy sê dit is veral nywerhede en die landbousektor wat werk sal moet skep. Verder het hy belowe dat die RNE munisipaliteite en metros sal regruk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Ramaphosa: RNE sal met Nasionale Gesondheidsversekering voortgaan


Luister nou

Volgende