12 Junie 2023
President Cyril Ramaphosa het Vrydag (9 Junie 2023) glo formeel gevra of China bereid sou wees om gasheer te speel vir die komende Brics-beraad.
Ramaphosa het die versoek glo gerig in ‘n telefoniese gesprek met die Chinese president Xi Jinping.
Sowel die Suid-Afrikaanse as Chinese regering het verklarings uitgereik oor die oproepe, maar geen melding gemaak van gesprekke oor die Brics-beraad nie.
Suid-Afrika is veronderstel om die beraad in Augustus aan te bied, maar die lasbrief wat die Internasionale Strafhof vir die inhegtenisneming van president Wladimir Poetin van Rusland uitgereik het, het die land in ’n netelige posisie geplaas.
Volgens die Rapport koerant het die regering ‘n regsmening ontvang wat aandui dat Putin wel in hegtenis geneem sal moet word, sou hy die land besoek.
