11 Maart 2024
President Cyril Ramaphosa sê die private sektor het sedert Junie verlede jaar meer as ’n R170-miljoen bygedra, om die regering se inisiatiewe te ondersteun.
Volgens Ramphosa se jongste nuusbrief lewer die vennootskap merkwaardige vordering.
Ramaphosa sê dat besigheid ook die regering gehelp het om beurtkrag, vrag- en hawe-uitdagings sowel as misdaad en korrupsie te pak.
Volgens die president sal die private sektor binnekort vaardige kundiges ontplooi om Eskom te help, terwyl ander Transnet gehelp het om die land se hawens en vragspoorstelsels te verbeter.
Ramaphosa het bygevoeg dat die vennootskap ook bestendige vordering in die stryd teen misdaad en korrupsie getoon het.
https://twitter.com/CyrilRamaphosa/status/1767071490866917399