28 Maart 2022
President Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dat verlede week se Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie ‘n sukses was en meen dit wys opnuut die vertroue wat die sakewêreld in die plaaslike ekonomie het.
Volgens Ramaphosa gaan verskeie bedrywe in die land ‘n finansiële inspuiting kry – veral die skeppende bedryf – onder meer film- en televisiemaatskappye, wat die afgelope twee jaar swaar getref is deur die Covid-19-pandemie.
Hy sê ‘n droom van 15 jaar – om die eThekwini Rolprent-studio in Durban op die been te bring kan ook nou ‘n werklikheid word nadat die maatskappy, Videovision Entertainment R7,5-miljard in die studio belê het.
Volgens hom is die regering steeds druk besig met sy veldtog om R1,2-triljoen se nuwe beleggings in die volgende vyf jaar vir die land in te win. Tydens die konferensie is beleggingsverbintenisse van R332-miljard aangegaan