29 April 2022
President Cyril Ramaphosa het pas die vierde deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag ontvang.
Dié verslag moes al vroeër vandeesweek aan Ramaphosa oorhandig word.
Die vierde deel van die verslag handel onder meer oor die tegnologiemaatskappy EOH, die Johannesburg-metro, Alexkor, die sluiting van die Gupta-familie se bankrekeninge, asook die Vrystaatse asbesdak-tenderskandaal en die huisvestingskandaal van R1 miljard in dié provinsie.
Die hof het intussen gister die voorsitter van die kommissie, Raymond Zondo se aansoek – om eers later die finale verslag bekend te stel – toegestaan.
Die finale en volledige verslag sal nou eers oor ses weke op 15 Junie aan Ramaphosa oorhandig word.
https://twitter.com/PresidencyZA/status/1519959503424344073