8 Januarie 2024
President Cyril Ramaphosa het bewerings, dat hy gehospitaliseer moes word, as onsin afgemaak.
Dié gerugte volg nadat die ANC talle geleenthede sedert die naweek aangebied het, om sy 112de verjaarsdag te vier, en Rampahosa nie gister se vieringe in Mbombela (Nelspruit) bygewoon het nie.
Die adjunk-president Paul Mashatile moes inderhaas – weens ‘n noodgeval – vir Ramaphosa instaan, terwyl verskeie mense aangeneem het dat dit ‘n mediese noodgeval is.
Ramaphosa het vanoggend herhaal dat hy geraadpleeg is om gister vanaf die huis te werk, weens die besige roetine wat die volgende ses dae gaan volg.
Hy het benadruk dat hy nié siek is nie.