Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa onderteken Wetsontwerp oor gelykheid in die werkplek

12 April 2023

Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê president Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Gelyke Indiensneming as wet onderteken.

Magwenya sê die nuwe wet is daarop gemik om diversiteit en gelykheid in die werkplek  te bevorder en dit sal die regering bemagtig om spesifieke billikheidsteikens volgens sektor en streek te stel, waar transformasie-inisiatiewe agterweë gebly het.

Van die belangrikste wysigings is dat maatskappye met meer as vyftig werknemers diensbillikheidsplanne vir hul maatskappye moet indien oor hoe om hierdie teikens te bereik, en dan jaarverslae by die Departement van Indiensneming en Arbeid voorlê.

Dit geld nie vir ondernemings met minder as vyftig personeel lede nie – ongeag hulle omset.

Vir die groot ondernemings wat onder die definisie van ‘n aangewese werkgewer val, is die grootste verandering die bemagtiging van die minister van indiensneming en arbeid om sektoriële ekonomiese bemagtigings-teikens en voldoeningskriteria te reguleer.

Dit beteken dat ekonomiese bemagtigings-teikens vir verskillende sektore aan die minister se oordeel oorgelaat sal word.

Hoewel hierdie teikens nog nie bekend is nie, sal aangewese werkgewers die regulasies wat die minister instel, noukeurig moet dophou, aangesien dit ‘n beduidende praktiese invloed het op die wyse waarop hulle aan die wet moet voldoen.

Selfs besighede wat nie noodwendig direk met die staat handel nie, sal hieraan gebonde wees.

Die bedryfshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann het in reaksie op die nuus gesê dat hierdie wetgewing “drakoniese rasmagte” aan die regering gee. Volgens Hermann het die vakbond reeds begin om litigasie voor te berei, en sal binnekort hofstukke beteken.

“Solidariteit het ook op 23 Augustus 2022 aan die president geskryf en hom daarop gewys dat die wysigings ongrondwetlik is.” Solidariteit het ook ‘n regsopinie verkry wat dit bevestig. Die President is dus bewus dat Solidariteit hof toe gaan as hy die wetgewing sou teken. Hy het dit nou inderdaad gedoen en ons berei nou vir die hof voor.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende