Ramaphosa Nuusbrief: “Ons moet hoofregter Raymond Zondo se voorbeeld volg”


Luister nou

Volgende

Ramaphosa Nuusbrief: “Ons moet hoofregter Raymond Zondo se voorbeeld volg”

26 Augustus 2024

President Cyril Ramaphosa sê alle Suid-Afrikaners moet daarna streef om soos hoofregter Raymond Zondo te werk vir ‘n regverdiger, billiker en etiese nasie.

Zondo tree amptelik op 31 Augustus af as hoofregter. Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief dat Zondo ‘n uitstekende loopbaan gehad het, maar meen een van sy mees prominente en uitstaande bydraes was as voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Hy sê deur Zondo se rol as voorsitter het hy dit vir Suid-Afrikaners maklik gemaak om die impak van staatskaping te verstaan, en om toe te sien dat dit nie weer plaasvind nie.

Volgens Ramaphosa was die staatkapingskommissie ‘n reuse taak met 400 dae van sittings, meer as 300 getuies en meer as 1,7-miljoen bladsy van bewyse.

“Regter Zondo het standaarde van etiese gedrag, aanspreeklikheid en deursigtigheid daargestel wat ons in staat stel om ‘n beter samelewing te bou.” Ramaphosa sê sedert Zondo die verslag oorhandig het, is daar hard gewerk om die aanbevelings te implementeer.

Hy sê hy het die afgelope paar maande verskeie wette goedgekeur wat ‘n direkte gevolg is van die verslag. Ramaphosa sê hoewel baie reeds gedoen is, is daar nog meer wat gedoen moet word om te verseker dat staatskaping nooit weer gebeur nie.

“Zondo kan aftree met die wete dat hy sy land trots gemaak het met ‘n diens van onskatbare waarde.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Ramaphosa Nuusbrief: “Ons moet hoofregter Raymond Zondo se voorbeeld volg”


Luister nou

Volgende