7 Oktober 2024
Op die eenjarige herdenking van die huidige konflik in die Midde-Ooste, het president Cyril Ramaphosa sy weeklikse nuusbrief gebruik om weer ‘n beroep te doen vir die onmiddellike beëindiging van Israel se aanslag op Gasa.
Ramaphosa meld dat Pretoria weer die Internasionale Geregshof sal nader om ‘n einde te probeer bring aan dié konflik.
Hoewel hy nie ‘n datum genoem het nie, het Ramaphosa gesê dat Suid-Afrika later vandaasmaand weer ‘n aansoek in dié hof sal bring om ‘n bevel uit te reik wat Israel sal verplig om sy vyandigheid te staak.
Hy sê die regering doen ook ‘n beroep op Israel om onmiddellik die hof se voorlopige bevele in werking te stel wat op 26 Januarie, 28 Maart 2024 en 24 Mei uitgereik is.