15 Oktober 2024
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars na die Grondwethof verwys om die grondwetlikheid daarvan te toets.
Ramaphosa het in ‘n skrywe aan die land se hoogste hof sy voorbehoud oor bepalings in die wetgewing – wat oorspronklik deur die parlement opgestel en heroorweeg is – aangedui.
Verskeie rolspelers en politieke partye het hulle teen dié wetgewing uitgespreek en gesê indien dit van krag word sal Suid-Afrika een van die lande word wat die minste beskerming aan outeurs bied.
Op sý beurt het die regsentrum, Section 27 verlede Donderdag aangedui dat hy die hof op ‘n dringende basis wil nader om die president te dwing om die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg te onderteken.