Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

“Ramaphosa, Mashatile misbruik lugmag-straler vir ANC-verjaarsdagvieringe”

22 Januarie 2024

Opposisiepartye het uitgevaar teen die gebruik van die lugmag se BBP-straler om president Cyril Ramaphosa en adjunkpresient Paul Mashatile tydens die ANC se verjaarsdagvieringe rond te karwei.

Berigte hieroor het die afgelope naweek in die media verskyn. Volgens die berigte is daar in die aanloop tot die viering tien vlugte glo tussen Kaapstad, Mbombela en Waterkloof in Pretoria onderneem.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald het in reaksie hierop gesê dat hy dit as ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld beskou en dat hy die openbare beskermer hieroor sal nader.

Hy meen die regering kla jaarliks oor ‘n tekort aan geld, maar dat die fondse tot hulle beskikking – volgens Groenewald – vermors word op hierdie tipe uitstappies.

Volgens die DA se woordvoerder oor verdediging en miltêre veterane, Kobus Marais, beteken dit nie dat daar misbruik van gemaak moet word indien die vliegtuie tot die leiers se beskikking gestel word nie.

‘n Woorvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya het na die presidensiële handleiding verwys, waarvolgens dit die lugmag se verantwoordelikheid is om lugvervoer aan dié land se hoofleiers te verskaf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

Ander Nuus Artikels

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende