President Cyril Ramaphosa het die datum bekend gemaak waarop die voorbereiding vir ‘n nasionale dialoog gaan plaasvind en sê dit gaan nie ‘n eenmalige geleentheid wees nie.
Die eerste gesprekke word vir 15 Augustus beplan, waarna opvolggesprekke in fases gehou sal word met plaaslike konsultasies en sektorale betrokkenheid.
Ramaphosa het Dinsdagaand tydens ‘n openbare uitsending gesê ‘n nasionale konvensie – waartydens die sakelys van die nasionale dialoog vasgestel sal word – sal op die 15de Augustus gehou word.
Daarna sal daar voortgegaan word met provinsiale en nasionale byeenkomste.
Ramaphosa sê die nasionale dialoog sal uit verteenwoordigers bestaan wat alle Suid-Afrikaners verteenwoordig en dat deelnemers uit verskillende politieke, sosiale, geografiese en geloofs-agtergronde by die gesprek betrek sal word.
Intussen het AfriForum in reaksie gesê dat die nasionale dialoog niks meer is as ‘n staatsdialoog tussen Ramaphosa en ANC-lojaliste soos Roelf Meyer nie.
Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê egter die nasionale dialoog lyk op die oog af soos ‘n politieke foefie eerder as ‘n opregte poging tot gesprek.
Die nuusdiens, TimesLive het ‘n lys van diegene, wat aan die nasionale dialoog gaan deelneem, gepubliseer.
- Die voormalige voorsitter van die OKV, Dr Brigalia Bam
- Entrepreneur en sakeman, Robbie Brozin
- Voormalige regter van die Grondwethof, Edwin Cameron
- Voormalige premier van die Noord-Kaap, Manne Dipico
- Banyana Banyana-afrigter, Desiree Ellis
- Vredesaktivis, Ela Gandhi
- Sakeleier, Bobby Godsell
- Springbokkaptein, Siya Kolisi
- Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux
- Leier van die Zion Christelike kerk, Biskop Barnabas Lekganyane
- Biskop Engenas Lekganyane, ook van die Zion-kerk
- Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba
- Voorsitter van die nasionale beplanningskommissie, prof Tinyiko Maluleke
- Digter en opvoedkundige, dr Barbara Masekela
- Voormalige LP, Lindiwe Mazibuko
- Voormalige minister, Roelf Meyer
- Skrywer en akteur, Gcina Mhlope
- Studente-aktivis en voormalige LP, Nompendulo Mkhatshwa
- Tenniskampioen, Kgothatso Montjane
- Voormalige aktivis, prof Harry Ranwedzi Nengwekhulu
- Voormalige Cosatu-sekretaris, Bheki Ntshalintshali
- Tradisionele geneser, Hosi Phylia Nwamitwa
- Voorsitter van die Nasionale Huis van Tradisionele- en Khoi-San leiers, Kgosi Thabo Seatlholo
- Sakeleier, dr Gloria Serobe
- Stigter van Gift of the Givers, dr Imtiaz Sooliman
- Akademikus, prof Derrick Swartz
- Skrywer, Lorato Trok
- Bergklimmer, Sibusiso Vilane en
- Wetenskaplike, Siyabulela Xuza
6 Responses
Waar is Afriforum Solidariteit VF plus Pieter Groenewald en vele meer. Geen Afrikaner organisasie is uitgenooi nie. Een GROOT klug en Alles sal n eensydige gesprek wees. Mors van tyd en geld
Stem saam..
Almal in een hok, wat natuurlik anc ondersteun, klomp wat my nie aanstaan nie.
Mislikking voorspel.
Opmerklik nie vol verteenwoordig nie
leiers???? Wat n klug weet een van hulle wat in die poletiek aangaan?? Hulle kry mos geld by die staat wat ons subsideer so hulle sal ANCPraat😡
Eerlikheid oop gesprekke is n vreemde beginsel vir die President. Selfs die Phala Phala verslag is uiters geheim, dit wys mos ondeursigtelikheid wat die idee van oneerlikheid onderstreep.
Hierdie is net nog n poging om belastinggeld te vermors / wanbestuur.
Ons kort n Baie sterk belastingbetalers Vereeniging wat ons geld beskerm en verseker dit word aangewend vir opheffing, onderhoud en uitbreiding en nie om ANC elite te befonds nie.
Terwyl ons n leuenagtige, integriteitlose regering het met swak morele waardes gaan gesprekke niks help nie.
Mense moet regstem vir positiewe verandering…. Wie weet dalk het ons eersdaags n DA minister vir Polisie en VF plus minister vir Justisie. Dan kan hul die korrupte regering vervolg en gesteelde geld herwin vir gebruik waarvoor dit aanvanklik voor bestem is…..
Patetiese keuse, hy soek sy skapies baie mooi uit, maar hoekom het hy nie sy amerkaanse vriende weer saamgenooi, Els en Rupert ?