22 Oktober 2024
President Cyril Ramaphosa het vroeër vandag in Rusland aangekom vir ‘n drie dae lange BRICS-beraad, wat deur Rusland se president, Wladimir Poetin aangebied word.

Leiers van Brasilië, China, Egipte, Ethiopië, Indië, Iran, Rusland, Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate, kom vir die eerste keer bymekaar sedert BRICS gedurende verlede jaar se beraad in Johannesburg nog lidlande verwelkom het.
Vanjaar se tema is “Versterking van multilateralisme vir regverdige internasionale ontwikkeling en veiligheid”.
Volgens ‘n verklaring deur die presidensie is die beraad ‘n geleentheid vir Ramaphosa om die Regering van Nasionale Eenheid se prioriteite met die onderskeie leiers te bespreek.
Hy het ‘n beroep op die leiers van die lande gedoen om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa het voor sy vertrek na Rusland gesê dat hy groei en ontwikkeling van Suid-Afrika wil bevorder.
Die beraad duur tot Donderdag, 24 Oktober.
His Excellency President @CyrilRamaphosa has this morning arrived in Kazan in the Russian Federation to lead South Africa’s participation in the XVI BRICS Summit.
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) October 22, 2024
The summit is held from 22 to 24 October 2024 under the theme: "Strengthening Multilateralism for Just Global… pic.twitter.com/2Gj0TUpegb