Die burgerregtegroep, AfriForum sê president Cyril Ramaphosa se verwyte teenoor hom en Solidariteit in die parlement is ongeldig en dat hy [Ramaphosa] self verantwoordelik is vir die vertrouensbreuk wat ontstaan het.
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het in reaksie op die president se opmerkings gesê dat dit onder Ramaphosa se leierskap is dat die ANC en sy leiers onpatrioties en dislojaal teen die land optree.
Kriel sê voorts dat Ramaphosa oneerlik is wanneer hy beweer dat plaaslike oplossings vir dispute gevind kon word, aangesien hy skrywes aan hom blatant ignoreer.
Maroela Media berig dat Ramaphosa die beweging gekritiseer het en hulle daarvan beskuldig dat hulle valse inligting en rassisiese stellings oor die land in die VSA versprei het.
Kriel, het pas teruggekeer ná ‘n besoek aan Amerika wat hy saam met die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys en die hoof van internasionale betrekkinge by Solidariteit, Jaco Kleynhans onderneem het.
Kriel meen die president het net homself om te blameer vir die VSA se aksie teen Suid-Afrika omdat dit die president is wat die omstrede Bela-wet en die onteieningswet onderteken het.
“Die Bela-wet teiken Afrikaanse skole. Het hy regtig gedink dat ons net terug gaan sit en dit aanvaar?”
Volgens Kriel is dit lede van die ANC wat onpatrioties.
2 Responses
kan iemand asb opname maak oor hoeveel werkende skole is in laaste 30 jaar gebou
Patriotisme het niks te make met hoogverraad as misdaad nie. Om nie patrioties teenoor die ANC-regime te wees, is ook nie hoogverraad nie, dis vryheid van keuse en vryheid van assosiasie.
Die skrap van moedertaal onderrig in skole, ten gunste van koloniale taal Engels, is beslis onpatrioties!