“Ramaphosa is korrup en onbevoeg,” sê Malema


Luister nou

Volgende

“Ramaphosa is korrup en onbevoeg,” sê Malema

23 Maart 2023

Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa is korrup, onbevoeg en geweldadig, en meen indien hy aanbly as president sal hy die land tot in ‘n diktatorskap lei.

Malema het vroeër vandag ‘n mediakonferensie gehou ná sy party se nasionale eendagstaking van Maandag. Verskeie rolspelers, insluitend die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het die staking as ‘n mislukking bestempel.

Malema het egter benadruk dat die staking volgens die EFF ‘n reuse sukses was, en dat Maandag nié ‘n normale werksdag was nie.

Volgens hom sal die party deurlopend optree teen Ramaphosa en hom verantwoordbaar hou.

Hy het ook weer die ontplooiing van die weermag bevraagteken. Ramaphosa het verlede week aangekondig dat die weermag tot en met die 17de April ontplooi sal word om wet en orde te handhaaf. Dit sal die land R166-miljoen kos.

Volgens Malema moet die president verduidelik waarom die belastingbetaler se geld vermors word. Hy meen die EFF se staking was een dag, daarom kan hy nie verstaan waarom die weermag ‘n maand lank diens moet doen nie.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1638847804008439811

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

“Ramaphosa is korrup en onbevoeg,” sê Malema


Luister nou

Volgende