19 Maart 2024
President Cyril Ramaphosa sê hy besef dat dit belangrik is om in infrastruktuur te belê as hy wil hê dat die land se ekonomie moet groei.
Hy het in sy toespraak by die Simposium vir Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad gesê dat samewerking tussen die regering en privaat maatskappye uiters belangrik is wanneer dit kom by beleggingsgeleenthede in infrastruktuur.
Volgens Ramaphosa is daar tans projekte ter waarde van ongeveer R170-miljard aan die gang. In hierdie jaar sal 11 van hierdie projekte na verwagting voltooi word.
Hy sê hierdie projekte sal die privaat sektor finansieel baat, wat weer ‘n finansiële inspuiting van die land se ekonomie bied.
Van hierdie projekte, ter waarde van R25-miljard sluit alternatiewe kragbronne soos sonplase in.