1 Oktober 2021
President Cyril Ramaphosa het gisteraand etlike wysigings aangekondig aan die inperkingsregulasies, na dit na ‘n gewysigde vlak 1 verslap is.
Die grootste verandering is die hoeveelheid mense wat byeenkomste kan bywoon; van 250 binnenshuis na 750, en van 500 tot 2 000 in die buitelug. Die aandklokreël geld nou van 24:00 tot 04:00.
Pres. Ramaphosa het ook gesê dat die regering binnekort gaan begin om sertifikate uit te reik as bewys vir inentings. Dit sal gebruik kan word vir reis en om toegang tot sekere plekke te kry.
Hy sê die regering se teiken bly steeds om voor einde vanjaar 70% van die volwasse bevolking in te ent. Om dié doelwit te bereik moet 16-miljoen dosisse entstof toegedien word.
Die president sê as die grootste deel van die bevolking ingeënt is, kan Suid-Afrika as veilig verklaar word en kan toeriste vir die somerseisoen terugverwelkom word. Die regering oorweeg dit ook weer om sportstadions toeganklik te maak vir ondersteuners.
Stem vir die Aitsa’s