Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa en ander politieke leiers betreur David Mabuza se dood

President Cyril Ramaphosa het gisteraand in ’n amptelike verklaring die afsterwe van die voormalige adjunkpresident, David Mabuza betreur.

Mabuza is gister in die ouderdom van 64 in ’n hospitaal in Mpumalanga oorlede ná ’n kort siekbed.

Ramaphosa sê hy’s hartseer oor die verlies van ’n leier wat vroeg in sy loopbaan geanker was in aktivisme, die nasie gelei en as adjunkpresident die land se betrekkinge met kollegas in Afrika asook die internasionale gemeenskap gevorm het.

Ramaphosa sê daar sal binnekort reëlings bekend gemaak word vir Mabuza se gedenkdiens.

Huldeblyke stroom ook sedert die bekendmaking van Mabuza se dood in. t g

Die GOOD-party se leier en die minister van toerisme, Patricia de Lille, vertel in haar huldeblyk dat sy tussen 2018 en 2023 saam met Mabuza in die sesde administrasie gedien het. Sy onthou hom as ’n uitstaande voorsitter van interregeringsforums en dat sy vergaderings ten alle tye gekenmerk was aan stiptheid, duidelikheid van doel en uitkomste. De Lille sê sy’t persoonlik sy respek vir tyd bewonder en dat dit ’n  eienskap is waaruit almal in die staatsdienssektor kan leer.

Die president van ActionSA, Herman Mashaba het sy medelye betuig teenoor Mabuza se familie, vriende en geliefdes. Mashaba sê Mabuza het in verskeie politieke rolle gedien, insluitend as premier van Mpumalanga en uiteindelik as adjunk-president, en het gesê sy bydraes tot en invloed in die politieke landskap het oor dekades gestrek wat ’n blyende indruk sal laat.

Die nasionale partyleier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, het Mabuza in SY boodskap van medelye as vryheidsvegter, gesoute politikus en vakbondman beskryf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie
LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende