R50 000 beloning aangebied ná die moord op ‘n Duitse toeris


Luister nou

Volgende

R50 000 beloning aangebied ná die moord op ‘n Duitse toeris

4 Oktober 2022

Die Kruger Laeveld Sakekamer het ‘n R50 000 beloning aangebied vir inligting wat kan help om diegene vas te trek wat gister ‘n Duitse toeris naby Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet het.

Die uitvoerende hoof van die KLCBT, Linda Grimbeek, sê sy hoop dat die beloning mense sal bemoedig om na vore te kom met inligting. 

Dit volg nadat drie gewapende mans gister probeer het om ‘n groep Duitse toeriste te kaap terwyl hulle op pad was na die Mdluli Safari Lodge naby die Krugerwildtuin se Numbi-hek.

LEES OOK: DUITSE TOERIS IN MPUMALANGA DOODGESKIET

Die bestuurder van die motor, een van die vier Duitse toeriste wat in die motor was, is in die bolyf geskiet toe hy geweier het om die deure van die motor oop te sluit.

Die aanvallers het van die toneel weggejaag sonder om iets te neem.

Volgens Grimbeek is die ander drie toeriste tans by ‘n veilige hawe. Die Duitse ambassade in Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse owerhede bied ook ondersteuning aan dié toeriste.

Intussen het die voorval ook internasionale media bereik met Duitse koerante wat berig dat Duitsers- en owerhede woedend is. Rolspelers in die toerismebedryf is verder bekommerd oor die uitwerking wat die moord op die toerismebedryf kan hê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

R50 000 beloning aangebied ná die moord op ‘n Duitse toeris


Luister nou

Volgende