26 Junie 2023
Nee, jy lees nie verkeerde nie. Die Duitse maatskappy, La Mer is bekend vir sy luukse velsorg-produkte, en nou kan jy hierdie “potjie goud” by Woolworths aankoop.
‘n 500 ml pot gesigroom sal jou R42 350,00 uit die sak jaag. ‘n 60 ml potjie kos R6296,00, terwyl ‘n 30 ml R3400,00 kos.
Dié room bevat seewier (kelp), wat glo help om droeë vel te bevogtig en verminder ook plooie. ‘n TikTok-gebruiker, wat as @silver_daisys bekend staan het ‘n video op die sosiale media-platform geplaas waarin sy lag oor die room se prys.
In een van die kommentare sê sy dat sy hierdie room slegs sal koop as sy vir die volgende 42 jaar nie ‘n dag ouer lyk nie.
@silver_daisys Leave the R42 000, why did 7000 people decide to buy it #woolworths #woolies #woolworth #cremedelamer #R40000lotion
♬ Laughing – Gianluca Marino
