24 April 2024
Die staat het sowat R42,2-miljoen in bankrekeninge van Berdine Odendaal – die vermeende voormalige minnares van wyle Markus Jooste – verbeurd verklaar.

Bykomend daartoe is daar ook op ‘n eiendom in die Val de Vie-landgoed in die Paarl – ter waarde van R18-miljoenen – beslag gelê.
Volgens die kennisgewing – wat deur die adjunkpresident van die reserwebank, Fundi Tshazibana onderteken is – word dit ingevolge valutabeheerregulasies gedoen.
Die sentrale bank het aangevoer dat sy die geld van Jooste ontvang het, nadat hy dit deur sy beleggingsfirma, Mayfair, oorgeplaas het. Volgens ‘n kennisgewing in die Staatskoerant is die totale bedrag in vier dele tussen vier bankrekeninge verdeel.
Jooste en Odendaal is glo reeds sedert 2017 in ‘n buite-egtelike verhouding.