27 Junie 2023
Amerikaanse owerhede het 38-kilogram biltong vernietig wat ‘n man by die Minneapolis St. Paul-lughawe, in die Amerikaanse deelstaat Minnesota wou verklaar het.
Luidens ‘n verklaring van die VSA se Agentskap vir doeane en grensbeskerming (CBP) is gekookte en gedroogde beesvleis uit Suid-Afrika weens dieresiektes, insluitend Bek-en-klouseer, in Amerika verbied.
Die biltong is sowat $2 000, of nagenoeg R37 000 werd. Dit is deur middel van stoomsterilisasie vernietig.
Volgens die CBP sal geen soortgelyke vleis uit Suid-Afrika in Amerika toegelaat word nie al is dit vakuumverpak.
