9 September 2021
Die minister van finansies, Enoch Godongwana sê die regering oorweeg dit om die R350 Covid-19 maatskaplike toelae – in ‘n ander formaat – te bly uitbetaal.
Hy het bygevoeg dat daar eers na die bekostigbaarheid van die betalings gekyk sal moet word alvorens ‘n permanente besluit geneem sal word.
Godongwana het dié aankondiging gemaak tydens ‘n vraag-en-antwoord-sessie van ‘n sitting van die nasionale vergadering.
Hy is van mening dat die toelaag dit ten doel het om die gaping tussen ryk en arm te verklein.
Die nasionale tesourie is met die presidensie en die departement van maatskaplike ontwikkeling in gesprek oor hoe ‘n permanente toelaag in werking gestel kan word.
Stem vir die Aitsa’s