Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA

ActionSA sê hy is geskok om te verneem dat die regering in die vorige boekjaar, R3,45-miljard op sy diplomatieke diens bestee het.

Die geld is gebruik om Suid-Afrika se 115 ambassades, hoë kommisariate, en konsulate wêreldwyd te bestuur. Die leier van ActionSA, Herman Mashaba meen die regering se diplomatieke diens blyk om ongefokus en buitensporig te wees.

SA se ambassade in Washington.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van ActionSA bevestig dat R950-miljoen in die 2023/2024-boekjaar in Afrika bestee is, R900-miljoen in Asië en die midde-ooste, R813-miljoen in Europe, en R465-miljoen in die Amerikas. R325-miljoen is bestee aan internasionale regering, en multilaterale diplomatieke dienste.

Volgens Mashaba is daar vir hierdie dienste betaal sonder dat daar ‘n stelsel is om die koste-effektiwiteit hiervan te bepaal.

Volgens hom word ‘n groot hoeveelheid geld bestee aan lande waar daar min tot geen strategiese- en handelsooreenkomste is. In Bangui, in Sentraal-Afrika, is R25,7-miljoen bestee.

Nouakchott (Mauritania) het R16,1-miljoen van belastingbetalers se geld gekos, gevolg deur Malabo (Ekwatoriaal-Guinee) wat nagenoeg R15,6-miljoen gekos het.

Mashaba sê verder dat daar in elf lande twee of meer ambassades is, wat ‘n duplisering van dienste kan beteken.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

490718493_966830712291039_3031033673762599941_n

Vlieënier dood toe vliegtuig in die Boschkop-omgewing neerstort

490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n

Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika
Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up
Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle
GoWjNLwWkAATPA2
Lugmag soek sy vliegtuigdeur
Julius-Malema6
“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende