R1-miljard in 10 jaar vir Kubaanse diensverskaffers


Luister nou

Volgende

R1-miljard in 10 jaar vir Kubaanse diensverskaffers

21 Mei 2021

Die departement van verdediging en militêre veterane sê hy het meer as R1-miljard die afgelope tien jaar aan Kubaanse diensverskaffers spandeer as deel van projek Thusano om toerusting te versien.

Dit was in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die DA.

Dié party se woordvoerder oor verdediging, Kobus Marais,  sê dit is onverklaarbaar hoekom sulke take aan die Kubane uitgekontrakteer word terwyl die Suid-Afrikaanse krygstuig-verskaffers ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan geld.

Vroeër vandeesmaand het Marais gesê hy het betroubaar verneem dat die weermag se militêre bevelsraad weier om met die Openbare Beskermer se kantoor saam te werk in die ondersoek na meer as R200-miljoen se ongeregistreerde medisyne wat van die eilandstaat aangekoop is wat as teenvoeter teen Covid-19 moes dien.

Verlede maand moes die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, bontstaan om te verduidelik waarom sy twee-dosyn Kubaanse ingenieurs die land ingebring het om te help met water-kwessies terwyl Suid-Afrikaanse ingenieurs sonder werk sit.

‘n Hofsaak in dié verband met Solidariteit as aansoeker sal op 1 Junie aangehoor word.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

R1-miljard in 10 jaar vir Kubaanse diensverskaffers


Luister nou

Volgende