28 Oktober 2021
Die Protea krieketspan se paaltjiewagter, Quinton de Kock het in ‘n verklaring verduidelik waarom hy besluit het om nié te kniel voor die span se tweede T20 Wêreldbekerwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande nie.
Dit kom nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) Dinsdag, twee ure voor die wedstryd, ‘n direktief uitgereik waarin hy eis dat alle spelers moet kniel voor elke wêreldbekerwedstryd as ‘n teken teen rassisme. De Kock het egter besluit om nie aan die wedstryd deel te neem nie, weens dié direktief.
LEES OOK: OPVOLG: KSA NEEM KENNIS VAN DE KOCK SE ONTTREKKING VAN WEDSTRYD NÁ RAAD SÊ DAT SPELERS MOET KNIEL
Hy het om verskoning gevra aan sy spanmaats en ondersteuners en meen hy wou dit nooit ‘n sogenaamde Quinton besluit maak nie. “Ek verstaan die belangrikheid daarvan om as ‘n span saam te staan teen rassisme en dat dit ons verantwoordelikheid is om ‘n voorbeeld te stel.”
De Kock sê as hy wat kniel sal help om ander op te voed en hulle lewens te verbeter, sal hy meer as bereid wees om die knie te buig. “Ek het nooit bedoel om enige persoon of span te disrespekteer deur my besluit nie. Ek is baie jammer vir die seer, verwarring en woede wat ek moontlik kon veroorsaak.”
De Kock het ook verder verduidelik dat hy uit ‘n gemengde ras familie kom en dat die Black Lives Matter-beweging daarom vir hom op ‘n persoonlike vlak baie beteken en nie net omdat dit ‘n internasionale beweging is nie. Hy sê die span het gisteraand (Woensdag) met die KSA se raad vergader en meen almal verstaan mekaar se standpunte beter.
LEES OOK: PROTEA-KAPTEIN SÊ SPAN IS 2 URE VOOR WEDSTRYD AANGESÊ OM TE KNIEL
“Ek was ongelukkig omdat ek aangesê is om die knie te buig en het nie verstaan waarom ek moet kniel as ek inelkgeval mense van alle kulture en rasse lief het en respekteer.” Hy meen verder dat wanneer iemand aangesê word om iets te doen as ‘n standpunt teen iets “neem dit die betekenis daarvan weg.
“Om ‘n rassis genoem te word maak my seer, dit maak my familie seer en dit maak my swanger vrou seer.” Hy sê hy dink die besluit moes voor die tyd bespreek word en beter gekommunikeer word.”
Quinton de Kock statement 📝 pic.twitter.com/Vtje9yUCO6
— Proteas Men (@ProteasMenCSA) October 28, 2021
Stem vir die Aitsa’s