27 Januarie 2023
Die VF Plus sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners van informele nedersettings in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM), wat aandring op munisipale dienste, protesaksies as eerste uitweg gebruik.
Die VF Plus-raadslid en hoofsweep van die Nelson Mandelabaai-metroraad se koalisieregering, Bill Harrington sê daar moet eerder in gesprek getree word met die metroraad om oplossings vir probleme en die mense se frustrasie te kry.
Hy sê die inwoners van die Bayland-nedersetting het onlangs groot ontwrigting veroorsaak toe die hoofpad tussen Port-Elizabeth (Gqeberha) en Uitenhage (Kariega) met brandende bande en ander voorwerpe versper is.
ʼn Vervoermaatskappy se vragmotor is aan die brand gesteek en talle motorvoertuie is beskadig.
“Die hoofpad was vir etlike ure gesluit en motoriste moes omdraai en ‘n ander plan maak om by die werk te kom. Die nedersetting het ontstaan toe ʼn groep grondbesetters informele strukture daar opgerig en hul intrek geneem het.”
Harrington sê hierdie inwoners dring nou daarop aan dat hulle munisipale dienste, soos elektrisiteit, water en sanitasie, moet ontvang.
In ʼn poging om die situasie te ontlont, het lede van die burgermeesterskomitee die gebied besoek om met die plaaslike gemeenskapsleiers in gesprek getree.Protesaksie is nie oplossing vir diensleweringsprobleme of -eise