27 Oktober 2021
Die Proteas se T20 kaptein, Temba Bavuma sê die span is gister slegs twee ure voor hul wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande ingelig dat hulle beveel is om te kniel voor die begin van die wedstryd, om solidariteit met die Black Lives Matter beweging te betoon.
LEES OOK: OPVOLG: AFRIFORUM ONDERSTEUN QUINTON DE KOCK SE BESLUIT
Bavuma sê die tydsberekening van Krieket Suid-Afrika (KSA) se bevel was nie ideaal nie.
KSA het vier maande tyd gehad om so ’n bevel uit te reik, maar het gewag tot die oggend van ’n belangrike wedstryd om dit te doen.
LEES OOK: OPVOLG: KSA NEEM KENNIS VAN DE KOCK SE ONTTREKKING VAN WEDSTRYD NÁ RAAD SÊ DAT SPELERS MOET KNIEL
Die paaltjiewagter Quinton de Kock het besluit dat hy nie aan die opdrag gehoor sal gee nie, en het hom van die span onttrek.
Bavuma sê hy respekteer de Kock se besluit om nie te kniel nie.
Dit is nog onseker of de Kock in die res van die T20 Wêreldbeker toernooi sal speel.
Stem vir die Aitsa’s