19 Julie 2022
Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola het ‘n grondwetwysiging vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer, wat Suid-Afrikaanse Gebaretaal, SAGT, ‘n amptelike taal sal maak.
Die wysiging – getiteld die ‘Agtiende Wysigingswetsontwerp van die Grondwet 2022’ – het dit ten doel om artikel 6 van die Grondwet te verander om voorsiening te maak vir die wetlike erkenning van SAGT.
Tans lys die Grondwet 11 amptelike tale.
Die inlywing van SAGT word al vir ‘n aantal jare bespreek met ‘n parlementêre komitee wat die aanvaarding daarvan in 2020 voorgestel het.
Die wysiging is in Mei deur President Cyril Ramaphosa goedgekeur, met die Departement van Basiese Onderwys wat die dieselfde maand aangekondig het dat SAGT in die skoolkurrikulum opgeneem word.