29 Maart 2022
Die presidensie is glo besig met die proses om ‘n nuwe nasionale polisiekommissaris te vind.
Dit kom nadat die nasionale polisiekommisaris, Generaal Kehla Sithole vroeër vandeesmaand ‘n ooreenkoms met president Cyril Ramaphosa bereik het om die pos te verlaat teen die einde van die maand.
LEES OOK: BLITSBERIG: GENERAAL KHEHLA SITOLE AFGEDANK
Volgens berigte is verskeie kandidate uitgesoek om hom op te volg, onder andere sy adjunk, luitenant-generaal Francinah Vuma.
Die onderhoude met die kandidate word glo agter geslote deure gevoer, en het gister by die Uniegebou begin.
Van die ander kandidate wat oorweeg word sluit in die Gautengse polisiekommisaris Elias Mawela, en KwaZulu-Natal se polisiekommisaris Nhlanhla “Lucky” Mkhwanazi.